Cecilia Helena Christina Olivier - Online Memorial Website

Sign in or Register

Choose Language - Last-memories.com

Choose Language - Last-memories.com
Cecilia Olivier
Born in South Africa
63 years
443301
Bookmark and Share
Family Tree
Memories
Chris Olivier
16 November 2006

My ma, ek wens so ek kon vandag net 'n 15 minute gesprek met jou voer, net om jou stem te hoor sal my al klaar beter laat voel.Ek mis jou ontsettend vandag, ek voel so alleen en eensaam.Ek moet eerlik vir jou se ek sukkel vandag om te coupe, daar is niemand waarmee ek kan praat wat verstaan soos jy verstaan het nie.Ek is besig om my geestelike lewe in orde te kry, ek probeer baie hard, want ek bid dat God my nie te lank hier sal hou nie, ek bid vir die dag wat God my kom haal.

Ek is so moedeloos, ek sukkel om jou dood te aanvaar, ek flous myself van dag tot dag, ek mis jou.
Barbie
Your mother is always with you.....

She is the whisper of leaves as you walk down the street, she's the smell of bleach in your freshly launered socks, she's the cool hand on your brow when you're not well.Your mother lives inside your laughter. And she's crystallized in every teardrop. She 's the place you came from, your first home, and she's the map you follow with every step you take.She's your first love and your first heartbreak, an nothing on earth can seperate you.

Not time, not space.....not even death!

Chris Olivier

Liewe Hemelse Vader,


Ek weet U het belowe om elke traan af te droog, maar soms voel dit of ek nooit gaan ophou huil nie.Ek smag na die vreugde wat U in die oggend belowe, maar in die nag so ver voel.Ek het U vertroosting nodig. n' Rede om aan te gaan.Praat asseblief met die storm wat in my lewe woed en laat U vrede mu omring.Laat my jammerklag bedaar deur U wondersoete beloftes en hou my styf vas sodat die pyn weggaan.In Jesus se Naam bid ek dit. Amen (07 November 2006)

Chris Olivier

Ek erken dat ek kwaad is,


kwaad omdat my binneste seer is.Kwaad omdat


U toegelaat het dat ek hierdie pyn ervaar.Ek is net


kwaad. Ek weet nie regtig waarheen om my woede


te kanaliseer of hoe om dit te bedwing nie. En wil


uitting gee aan my woede, maar waar? En sal dit my


pyn stil of dalk nog meer pyn veroorsaak op die lang


duur? Blus U asseblief die vlamme in my hart wat


dreig om my te verteer.Kalmeer my siel en gee my


vrede. Help my om alles wat ek nie kan beheer nie


aan U oor te gee en U te vertrou. In Jesus se Naam


bid ek dit.Amen.

Chris Olivier

Die Here Weet

 

Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens
Verpletterende omstandighede en situasies .
Weet die Here hoe hard jy probeer het.
Wanneer jy so lank trane gestort het
En jou hart is beklemd ....
Het die Here jou trane getel.
As jy voel jou lewe is doelloos
En die tyd het jou agtergelaat .
Was die Here saam met jou.
Wanneer jy eensaam voel en jou vriende
Te besig is om te bel of nie verstaan nie .....
Wag die Here saam met jou.
Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles
Probeer het en nie meer raad weet nie ....
Hy het die oplossing.
Wanneer niks sin maak nie en jy seer,
Verwar of gefrustreerd voel ....
Het die Here die antwoord.
As jou blik op die lewe verhelder
En jy tekens van hoop in die lewe vind ..
Het die Here vir jou gefluister.
Wanneer alles klopdisselboom gaan
En jy volop stof tot dank het ....
Het die Here jou geseën.
Wanneer iets verstommends gebeur
En jy daardie spesiale iemand vind ....
Het die Here se glimlag op jou gerus.
As jy 'n droom het om te volg
En ook 'n werklikheid om uit te lewe .
Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem.
Onthou net, waar jy ook al is,
en wat jy ook al in die gesig staar


DIE HERE WEET!

Total Memories: 40
Pages:: 8  « 5 6 7 8 »
Share your Memories
  • Sign in or Register